Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2018 projek

Beste INKers

Desember het ons getref soos ‘n hamer teen ‘n aambeeld.

Ek wou nog altyd die onderwerp “laaste strek en einde” ondersoek in die dig- en skryfkuns. Dit mag dalk net die regte tyd hiervoor wees.

DIGTERS:

Die tema is slegs ‘n voorstel as konsep en is nie bedoel om jou titel te weerspieël nie. Skryf ‘n vryvers (rymloos) oor die tema. Daar is geen verdere voorskrifte nie. Maak die leisels los en bederf ons met jou talent.

VERHAALSKRYWERS:

Ons sien min sporttema stories op INK. Gebruik die onderwerp en skryf ‘n sportstorie. Daar is geen verdere voorskrifte nie. Laat jou talent ons betower.

RUBRIEKSKRYWERS:

Skryf ‘n rubriek oor die laaste strek voor ‘n doel bereik word.

ARTIKELSKRYWERS:

Skryf ‘n artikel oor iemand in die geskiedenis wat in die laaste strekke van hul lewe steeds ‘n ongelooflike bydrae gemaak het, soos byvoorbeeld Stephen Hawking.

Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

’n Klein verhaal van groot tragiek

Deur Datum gepubliseer: 28 Desember 2018 3

(Goud)

Êrens in die Vrystaat
oor vlaktes vol verlatenheid
lê ’n ou seisoen se pluimsaad
en wag (vergeefs)
dat dit moet reën.

En midde die verskroeide somer
staan ’n windpomp (onvoltooid)
naas ’n sinkdam sonder water
– ’n tafereel in ’n slotverhaal.

Die aarde kraak haar lippe oop,
skreeu stil dié groot…

Verslaan

Deur Datum gepubliseer: 28 Desember 2018 2

trap saggies op my hart,
‘dat ek die nag se omhelsing
vir nóg ‘n oomblik kan ontwyk
en vir oulaas weer, my lot by jou bepleit

want daar waar ék moet gaan –
het die sterre reeds verskiet
en weerkaats die maan die donkerste seer,
wat als verslaan tot…

DAAR IS ‘N DOEL

Deur Datum gepubliseer: 27 Desember 2018 2

DAAR IS ‘N DOEL

daar is altyd ‘n doel
jy sal gou weer beter voel
probleme is maar altyd daar
al gaan dit ook bitter swaar

ons sal altyd daardeur werk
dit maak ons net beter en sterk
duiwelvyand wat so kan lieg
ons moet eerder bieg

hy is net soos ‘n…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 104 gaste aanlyn

Bydrae Totale