Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2018 projek

Beste INKers

Desember het ons getref soos ‘n hamer teen ‘n aambeeld.

Ek wou nog altyd die onderwerp “laaste strek en einde” ondersoek in die dig- en skryfkuns. Dit mag dalk net die regte tyd hiervoor wees.

DIGTERS:

Die tema is slegs ‘n voorstel as konsep en is nie bedoel om jou titel te weerspieël nie. Skryf ‘n vryvers (rymloos) oor die tema. Daar is geen verdere voorskrifte nie. Maak die leisels los en bederf ons met jou talent.

VERHAALSKRYWERS:

Ons sien min sporttema stories op INK. Gebruik die onderwerp en skryf ‘n sportstorie. Daar is geen verdere voorskrifte nie. Laat jou talent ons betower.

RUBRIEKSKRYWERS:

Skryf ‘n rubriek oor die laaste strek voor ‘n doel bereik word.

ARTIKELSKRYWERS:

Skryf ‘n artikel oor iemand in die geskiedenis wat in die laaste strekke van hul lewe steeds ‘n ongelooflike bydrae gemaak het, soos byvoorbeeld Stephen Hawking.

Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

leef

Deur Datum gepubliseer: 5 Desember 2018 1

nie net omdat Hy gesterwe het
maar omdat Hy leef is Hy daar
daar vir jou en my altyd waar
Hy ons kan hoor in ons gebed

©Teárlach

laaste strek en einde van ‘n bittereinder

Deur Datum gepubliseer: 3 Desember 2018 4

jongman van die namib
het jy haar ver gaan haal –
sy jou ribbok en jy haar held
onverpoos en onvermoeid
het jy jou deel gedoen
jou pad was lank, my pa
sonder terughou, sonder vrees
het jy hom volgehou …
ons was vyf, maar nou net twee –

my laaste vir ‘n gryper (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 1 Desember 2018 1

reg in die middel
van my kleine winkel
so tjok
en so blok
vol horribale goed
is my geen asseblief
net gryp goggadief
wat bloei
groot groei
met sy bek kaakwyd
dan styf vasgeklamp
terwyl kos
deur sy keel
verdamp

en ek moet
geheel
totaal
sonder speel
hom voed
slegs voed
en voe…
en vo…

© Charleine Collins 1 Desember 2018

Foto: https://www.redbubble.com/shop

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 45 gaste aanlyn

Bydrae Totale