Jongste aktiwiteit:

ProjekteDesember 2017 projek – Kersfeesvieringe

Dié tyd van die jaar het weereens aangebreek…’n feestelikheid wat vir elkeen sy eie sjarme en sentiment inhou.

Die opdrag:
Digters:
Skryf ‘n gedig wat in ‘n kerskaartjie ingesluit kan word. Die tradisie van kerskaartjies uitstuur is stadig besig om uit te sterf as gevolg van die gebruik van allerhande elektroniese weë. Kom ons poog om hierdie gebruik te laat herleef. Jou gedig kan in enige vorm, enige rymskema en enige onderwerp wees, solank dit ‘n werkie is wat in ‘n kerskaartjie sal kan verskyn.

Skrywers:
Skryf ‘n humorisitiese storie, nie meer as 800 woorde nie, oor die familie wat vir kersete saamkom en dinge wat skeef loop met byvoorbeeld die voorbereiding van die kos of ‘n familie rusie. Jy mag jou eie strorielyn kies en hoef nie van die voorbeelde te gebruik nie solank dit humorities is.

Rubriekskrywers:
Skryf ‘n rubriek (nie meer as 800 woorde nie) oor enige onderwerp aangaande die feesseisoen. Maak die inhoud interessant met leersame feite.

Skryf in Afrikaans, dis die regte ding om te doen!

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Groete
Projekbestuurder

Baie geluk aan die volgende lede GEDIGTE: 1 ste plek: Estelle Rubow met ’n Kerswens aan jou 2 de plek: Carma Shaw met Kersnag in die Karoo 3 de plek: Carla Visser met Jesusfees Eervolle vermeldings: Anzé Bezuidenhout met Genadereën Estelle Rubow met Kersgroete uit die Namib Francois Meyer met Kriphart Hannes Snyman met Verlosser […]

EK ONTHOU ALLES spatsels van my kindwees speel soos ‘n film voor my siele-oog verby jou skaterlag vir ons speletjies entoesiasme as jy popklere brei sien jou skulpies bewonder op Jeffreys se strand sien jou onkruid uittrek vroegoggend in die tuin hoe jy melktert maak in die kombuis die reuk van Kersfees dwarsdeur ons huis […]

KERSFEESKIND gevorm, gebore, gegee om te gee gekom om te dien om ons wat blind is die waarheid te laat sien geslaan, geskel, gehaat verwerp alleen aan ‘n kruis gesterf ek eet ‘n stukkie brood en drink ‘n slukkie wyn Here, laat U lig in my ook skyn (ps 104:15) © Barbara Smit – 22/12/2010

So vertrek hulle vanuit die ooste, net die twee van hulle. Deesdae tydens diѐ tyd is families verdeeldelik verspreid soos sterre in die hemelruim. Nietemin gaan hul ook op reis vir ‘n paar dae. Wildernis toe (gepas vir die ongetemde wesens). Hulle word geherberg in luuksheid knus langs die meer. Die oornagtassies word uitgepak voor […]

Ek stuur vir jou ‘n ster, want dit is Kersfees – ‘n lig wat helder skyn. Een wat alle donker en bang nagte so stil-stil laat verdwyn. Dalk het jy het ‘n hoekie in jou woning wat na hierdie lig verlang. Bind dan net ‘n toutjie om die sterpunt sodat jy dit daar kan hang. […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed