Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Desember 2017 projek – Kersfeesvieringe

Dié tyd van die jaar het weereens aangebreek…’n feestelikheid wat vir elkeen sy eie sjarme en sentiment inhou.

Die opdrag:
Digters:
Skryf ‘n gedig wat in ‘n kerskaartjie ingesluit kan word. Die tradisie van kerskaartjies uitstuur is stadig besig om uit te sterf as gevolg van die gebruik van allerhande elektroniese weë. Kom ons poog om hierdie gebruik te laat herleef. Jou gedig kan in enige vorm, enige rymskema en enige onderwerp wees, solank dit ‘n werkie is wat in ‘n kerskaartjie sal kan verskyn.

Skrywers:
Skryf ‘n humorisitiese storie, nie meer as 800 woorde nie, oor die familie wat vir kersete saamkom en dinge wat skeef loop met byvoorbeeld die voorbereiding van die kos of ‘n familie rusie. Jy mag jou eie strorielyn kies en hoef nie van die voorbeelde te gebruik nie solank dit humorities is.

Rubriekskrywers:
Skryf ‘n rubriek (nie meer as 800 woorde nie) oor enige onderwerp aangaande die feesseisoen. Maak die inhoud interessant met leersame feite.

Skryf in Afrikaans, dis die regte ding om te doen!

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Groete
Projekbestuurder

Daar is ‘n Koning

Deur Datum gepubliseer: 1 Desember 2017 3

Mag jul feesgety gevul wees
met liefde, saamwees en lag
die wonder van Kersfees is die grootste
geskenk aan familie en vriende

‘n Tyd van omgee
en jubelende dankbaarheid
in die klein kring van ‘n kers
se lig lê vrede en waarheid

Mag die blye boodskap
aanhou in jou hart
mag jy skitter en volhard
waar die lig op jou…

H O O P

Deur Datum gepubliseer: 1 Desember 2017 2

hosannas beier deur die sterrenag
herdenk die heiligheid van hierdie aand
met leë woorde
doofstom klanke
op die pelgrimstog van H O O P

hulde word gebring
met wierook, goud en mirre
word die stal gevul
met reuk van gras
genade uitgestort
want Vrede
die kan ons nie koop

sonde word versoen
van krip tot aan ’n vloekhout
op die heuwel Golgota
word daar…

Desember 2017 projek – Kersfeesvieringe

Deur Datum gepubliseer: 1 Desember 2017 4

Dié tyd van die jaar het weereens aangebreek…’n feestelikheid wat vir elkeen sy eie sjarme en sentiment inhou.

Die opdrag:
Digters:
Skryf ‘n gedig wat in ‘n kerskaartjie ingesluit kan word. Die tradisie van kerskaartjies uitstuur is stadig besig om uit te sterf as gevolg van die gebruik van allerhande elektroniese weë….

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 20 gaste aanlyn

Bydrae Totale