Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2020 – Oop projek

Beste INKers

Voor ons kon oogknip betree ons alweer reeds die winderige Augustus. Laat ons waak teen ‘n premature opgewondenheid, maar ons kan begin uitsien na die einde van die koue.

Ons hou by die regs, aweregs patroon van projekopdragte en vind ons dus midde-in die “geen opdrag” van die siklus.

Daar is dus geen tema, lengte of patroon voorskrifte nie.
Alle afdelings: gedigte, rubrieke, artikels, gorrels en verhale is totaal oop vir eie verbeelding.

Ek wil die geleentheid gebruik om gereelde deelnemers te bedank. Ek vertrou dat die inspraak op julle werk ‘n positiewe bydrae lewer.
Neem asseblief kennis dat alle korrespondensie aangaande kommentaar op jul inskrywings en alle ander navrae gestuur kan word aan inkmoderator@gmail.com

Skryf lekker saam.
Woordgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Die Groot honger

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2020 3

Nog ‘n dag. Soos gister en die dag voor dit, is dit die honger waarvan ek eerste bewus word. Altyd honger. Daar is nooit iets anders nie. Die gevoel van die onbevredigde behoefte in my maag. Hulle sê die oorlog is verby en Hitler is dood. Maar die oorlog…

smeekbede vir uitkoms (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2020 3

smeekbede vir uitkoms

Namibië was onder die verskriklike druk
van droogte … erg erge ergste! droogte
mense op hul knieë smeek en soebat
beloftes word gemaak – geloof die kruk
uithouvermoë word gedryf tot ʼn hoogte
asseblief Vader kom maak ons land nat

groot dankbaarheid vir baie dele
wat in oorvloed…

soos gras (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2020 3

soos gras

vanoggend is ek stil
verslae vol heimwee
my dikke poppie-hond
lê hier neffens my voete
my beker vol boeretroos
stomend in my hand
my orgideë kyk vir my
waar ek stil sit en kyk oor
groen gras en geel veldgrasse
die trane maak spoortjies
oor my wange
ek…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 73 gaste aanlyn

Bydrae Totale