Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2019 projek – Wilde wind

Neem die INK-lesers op ‘n tydreis met jou inskrywing vir die Julie-projek. ‘n Reis in Tyd

Wees kreatief Tema: Wilde Wind

Dit kan letterlik of figuurlik wees. Die verhoog is joune!

• Gedigte:

Nie langer as 20 versreëls nie.

Die enigste “rym” waarvan jy in hierdie projek gebruik mag maak, is halfrym! Skryf ‘n vrye vers buite jou gemaksone.

• Verhale:

Nie meer as 600 woorde nie.

• Rubrieke:

Wend humor in jou skryfstuk aan.

Nie meer as 300 woorde nie.

• Artikels:

Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.

Nie meer as 200 woorde nie.

Weens ‘n splinternuwe kriteriasisteem vir die maandelikse projekte (waarmee julle binnekort kennis sal maak), word inskrywings tot slegs 2 (twee) inskrywings per persoon beperk.

Onthou asseblief om jou woordtal aan te dui by elke afdeling. Geniet die projek!
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem! Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.

Bly warm en geniet die projek!

Groete
Ink-Moderator

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE

Gestroop (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 25 Augustus 2019 Hou van

De moer in is maklik –
die adrenalien is goed,
maar dit word vinnig
en seker uitgewoed
tot net die seer
sinneloos
skeur deur
my gemoed.

Ek het gefaal en
kan niks fix –
heel te lig bevind,
want jy kan nie, het nie,
wil nie meer
jou hart aan…

Oupa se borrelwind blaps

Deur Datum gepubliseer: 23 Augustus 2019 1

Rayne is ons kleindogter. Die klein japsnoet begin nou oulik woordjies vorm. Vergeefs of sy wil oupa sê. Ons probeer alles. Sy is soos ‘n steeks donkie. Roep die honde, jaag hulle uit, vra vir kos, alles behalwe oupa. Dit is ons naweek met kleinding en…

Maanengel

Deur Datum gepubliseer: 21 Augustus 2019 2

Dis koud in ons kamer
die wind waai stil deur die huis
dis al Augustus in die Boland
en die skepping se stof
hang buite tussen Peperboomblare
en die oop ruimtes in my kop

ek is soms nog jy of ons
my gedagtes vertak verder 
deur die donker gange van…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 68 gaste aanlyn

Bydrae Totale