Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2018 – Haikoe projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ons die haikoe vorm beproef.

Vir inligting:

” ‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig. ”
Om die uitdaging nie té kompleks te maak nie, is daar GEEN tema voorskrif nie. Verras ons met jou kunssinnigheid.

DIGTERS:
Skryf ‘n Haikoe oor enige tema.

SKRYWERS:
Ter viering van die Japanese digvorm hierdie maand wil ons ‘n storie hê wat in die Ooste afspeel.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n rubriek oor enige Japanees-eie gebruik wat jou fasineer.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Vlietend

Deur Datum gepubliseer: 14 Augustus 2018 7

vlerke flits sonlig
kleine windswael suidwaarts trek
winter vlugtend groet

©Vossie

Winter skets

Deur Datum gepubliseer: 13 Augustus 2018 8

as ek kon sou ek
vir jou die winterson skets
rooi geel somerstraal

©Madzi

TSOENAMIE

Deur Datum gepubliseer: 11 Augustus 2018 6

Kento voel die trilling onder sy sitvlak waar hy in hul woonstel op die sestiende verdieping van ‘n wolkekrabber speel. Vraend kyk hy na waar sy ma besig is om wasgoed op te vou.
“Het Mamma dit ook gevoel?” wil hy met groot oë weet.
“Ja, maar vergeet dit….

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 57 gaste aanlyn

Bydrae Totale