Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2018 – Haikoe projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ons die haikoe vorm beproef.

Vir inligting:

” ‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig. ”
Om die uitdaging nie té kompleks te maak nie, is daar GEEN tema voorskrif nie. Verras ons met jou kunssinnigheid.

DIGTERS:
Skryf ‘n Haikoe oor enige tema.

SKRYWERS:
Ter viering van die Japanese digvorm hierdie maand wil ons ‘n storie hê wat in die Ooste afspeel.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n rubriek oor enige Japanees-eie gebruik wat jou fasineer.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Haikoe 1 (Silwer gradering)

Deur Datum gepubliseer: 16 Augustus 2018 4

Soos dou in die gras
in die vroeë oggendson
… ons verganklikheid

SUN EN MOON SE AVONTURE

Deur Datum gepubliseer: 16 Augustus 2018 5

Sun en Moon is twee dwerg olifantjies wat diep in die Japanese oerwoud woon. Hulle mammas is susters. Daar is nog ‘n hele paar klein olifantjies in die trop. Maar Sun en Moon is baie groot maats.
Die oerwoud is vol lewe. Daar is voëls,…

Liefde

Deur Datum gepubliseer: 15 Augustus 2018 6

Tydlose liefde
winter, somer, lente, herfs
ons vir ewig saam

© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 56 gaste aanlyn

Bydrae Totale