Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2018 – Haikoe projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ons die haikoe vorm beproef.

Vir inligting:

” ‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig. ”
Om die uitdaging nie té kompleks te maak nie, is daar GEEN tema voorskrif nie. Verras ons met jou kunssinnigheid.

DIGTERS:
Skryf ‘n Haikoe oor enige tema.

SKRYWERS:
Ter viering van die Japanese digvorm hierdie maand wil ons ‘n storie hê wat in die Ooste afspeel.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n rubriek oor enige Japanees-eie gebruik wat jou fasineer.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Swyg (Haikoe)

Deur Datum gepubliseer: 24 Augustus 2018 3

ek verswyg jou naam
in geskrifte van my leed –
net die spasies weet

JAPANESE TOILET

Deur Datum gepubliseer: 23 Augustus 2018 5

Die Japanese toilette is ‘n heel belangrike item in elke Japanese huishouding. Daar is verskillende soorte. Sommige werk met knoppies, verhit die water, het ‘n wasbak wat as combo dien. Ja, en daar is dinge wat daarmee saamgaan.
Die elektriese toestel wat teen die muur geinstalleer…

Kintsugi

Deur Datum gepubliseer: 23 Augustus 2018 1

Soms moet ek met alle mag die begeerte onderdruk om iemand aan die skouers te gryp en hom/haar ‘n goeie ruk-skud te gee. Skrik tog net wakker! Tweede beste ding om te doen is seker om stil te sit en te wag dat die gevoel iewers moet wegsyfer, tesame…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 126 gaste aanlyn

Bydrae Totale