Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2018 – Haikoe projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ons die haikoe vorm beproef.

Vir inligting:

” ‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig. ”
Om die uitdaging nie té kompleks te maak nie, is daar GEEN tema voorskrif nie. Verras ons met jou kunssinnigheid.

DIGTERS:
Skryf ‘n Haikoe oor enige tema.

SKRYWERS:
Ter viering van die Japanese digvorm hierdie maand wil ons ‘n storie hê wat in die Ooste afspeel.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n rubriek oor enige Japanees-eie gebruik wat jou fasineer.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

vivaldi-seisoene

Deur Datum gepubliseer: 29 Augustus 2018 4

herfsklanke talm
Vivaldi-melodieë
viole stryksweef

©adéle

Sy en Saffraan

Deur Datum gepubliseer: 27 Augustus 2018 11

My naam is Berke Khan, en ek is die Generaal van die Mongoliese weermag. My land is die land van die ewige blou lug. Die land van die Bactarianse kamele, met twee boggels. Die wêreld se beste perderuiters, en ons roem daarop dat gedurende die Nadaam fees al die…

‘n Japannese dis met ‘n kinkel.

Deur Datum gepubliseer: 26 Augustus 2018 3

Kyk as daar nou een ding is wat my fassineer, dan is dit Japannese kos. Hulle noem nie verniet Japan die wonderland van kos nie! Hulle disse is nogal ‘n mengsel van geure en kleure en vrek interessant, om nie eers die name daarvan te probeer opnoem nie!

Ons is…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 124 gaste aanlyn

Bydrae Totale