Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2018 – Haikoe projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ons die haikoe vorm beproef.

Vir inligting:

” ‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig. ”
Om die uitdaging nie té kompleks te maak nie, is daar GEEN tema voorskrif nie. Verras ons met jou kunssinnigheid.

DIGTERS:
Skryf ‘n Haikoe oor enige tema.

SKRYWERS:
Ter viering van die Japanese digvorm hierdie maand wil ons ‘n storie hê wat in die Ooste afspeel.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n rubriek oor enige Japanees-eie gebruik wat jou fasineer.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Maak nuut my siel

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2018 2

Waar winde woes waai
skeur dit jou uit my lewe
en maak nuut my siel
©PcV

miere

Deur Datum gepubliseer: 29 Augustus 2018 3

miere skarrel rond
hulle ondergrondse spens
boepensrond te vul

©adéle

21 junie

Deur Datum gepubliseer: 29 Augustus 2018 1

een-en-twintigste
junie juig my hart se klop
draai die son terug!

 

©adéle

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 119 gaste aanlyn

Bydrae Totale