Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2018 – Haikoe projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ons die haikoe vorm beproef.

Vir inligting:

” ‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig. ”
Om die uitdaging nie té kompleks te maak nie, is daar GEEN tema voorskrif nie. Verras ons met jou kunssinnigheid.

DIGTERS:
Skryf ‘n Haikoe oor enige tema.

SKRYWERS:
Ter viering van die Japanese digvorm hierdie maand wil ons ‘n storie hê wat in die Ooste afspeel.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n rubriek oor enige Japanees-eie gebruik wat jou fasineer.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Een maanlignag

Deur Datum gepubliseer: 3 Augustus 2018 3

maanligstrale blink
weerkaatsend op oosterkim
ek en jy tesaam

© Anzé Bezuidenhout 

Tsubaki (Brons klas)

Deur Datum gepubliseer: 3 Augustus 2018 1

ek gee jou somer
vol van pienk Camellias
glimlag vir die son

©callie 2018

Somerson

Deur Datum gepubliseer: 2 Augustus 2018 2

Somerson ontwaak
met droombeeld van soet jasmyn
naas ‘n winterhart

©Loretta Szikra

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 80 gaste aanlyn

Bydrae Totale