Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2018 – Haikoe projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ons die haikoe vorm beproef.

Vir inligting:

” ‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig. ”
Om die uitdaging nie té kompleks te maak nie, is daar GEEN tema voorskrif nie. Verras ons met jou kunssinnigheid.

DIGTERS:
Skryf ‘n Haikoe oor enige tema.

SKRYWERS:
Ter viering van die Japanese digvorm hierdie maand wil ons ‘n storie hê wat in die Ooste afspeel.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n rubriek oor enige Japanees-eie gebruik wat jou fasineer.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

see

Deur Datum gepubliseer: 5 Augustus 2018 1

golwe val bruisend
op my lippe die soutsmaak
wit soomstreep op strand

©Teárlach

Asagao – brons klas

Deur Datum gepubliseer: 3 Augustus 2018 2

‘n band van liefde
verweef die son se warm gloed
kortstondig jou blom

©callie 2018

Elegansie (Brons klas)

Deur Datum gepubliseer: 3 Augustus 2018 3

rooikroon kraanvoëls dans
oor sneeu bedekte mere
Ume vol in blom

©callie 2018

Gebruikers Aanlyn

6 Lede, 120 gaste aanlyn

Bydrae Totale