Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2018 – Haikoe projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ons die haikoe vorm beproef.

Vir inligting:

” ‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig. ”
Om die uitdaging nie té kompleks te maak nie, is daar GEEN tema voorskrif nie. Verras ons met jou kunssinnigheid.

DIGTERS:
Skryf ‘n Haikoe oor enige tema.

SKRYWERS:
Ter viering van die Japanese digvorm hierdie maand wil ons ‘n storie hê wat in die Ooste afspeel.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n rubriek oor enige Japanees-eie gebruik wat jou fasineer.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Haiku 3

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2018 1

blinkplaat mooi streel wit
maanlig vingers oor jou
stillewaters

©Cornien Naudé

Haiku 2

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2018 1

Die reën loop alleen
onderdeur die oue wilg
en padkaart na jou

©Cornien Naudé

Haiku 1

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2018 3

Jy sien my hart lief
wat saam met die son opkom
en bakhand vir nog

©Cornien Naudé

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 33 gaste aanlyn

Bydrae Totale