Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Augustus 2017 – As seisoene vir ons draai projek

Hierdie maand se opdrag lyk soos volg:

Digters: Skryf ‘n gedig, nie langer as 12 lyne nie, met die tema ‘As seisoene vir ons draai’ Die tema hoef glad nie jou titel te wees nie maar moet slegs gebruik word om jou gedig tematies te dryf.

Jy sal ook ekstra krediet kry vir die gebruik van unieke koppelwoorde en nuutskeppinge.

Maak seker dat jy die basiese reëls van poësie nakom nl. spelling, gebruik van leestekens, gebruik van hoofletters op die regte plekke ens. Daar hoef geen spesifieke rympatroon te wees nie maar dit is aanvaarbaar indien jy daarop besluit.

Skrywers: Skryf, in nie meer as 800 woorde nie, ‘n kortverhaal (gorrel, artikel) met die tema ‘As seisoene vir ons draai’ óf ‘Die seisoene draai’. Maak seker dat jy die basiese reëls nakom.

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Woordgroete
Projekbestuurder

‘n Tyd en ‘n doel

Deur Datum gepubliseer: 22 Augustus 2017 4

Suis stil die geruis
van die boom
sag en strelend in my ore
wanneer die skemer spoel
oor ‘n lente droom

Proe reeds die onkeerbaar soet
in die bries van die wind
en ek ruik die bloeisels
in die vroeë oggend uur

Soos seisoene draai
in die heelal se sterreskyn
trek…

Tolbosse

Deur Datum gepubliseer: 21 Augustus 2017 5

‘n Tolbos kan so swierig oor die sand tuimel met dit wind in sy “seile”, daars geen stop aan hom nie, dis net voorwaarts. Hy hol loshande onder die sandkorrels op die strand uit, hy steur hom nie daaraan nie. Selfs die sandduine se steiltes is…

Koper en goud

Deur Datum gepubliseer: 21 Augustus 2017 3

Tussen eg en skyn
tussen vreugde en pyn
lê more- mis
en vroeg- aand skemering

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 36 gaste aanlyn

Bydrae Totale