Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2019 projek – Humor

Beste Inkers

Hierdie maand ondersoek ons die genre van humor en komedie.
Digters:

Skryf ‘n humoristiese gedig in eie styl. Daar is géén voorskrifte nie behalwe dat die komies moet wees.

Verhaalskrywers:

Skryf ‘n komiese verhaal oor iets snaaks wat in ‘n kerk kan gebeur of wat jy reeds in ‘n gewyde atmosfeer ervaar het.

Rubriekskrywers:

Skryf ‘n rubriek met die titel: “Humor vir ‘n verslae gemoed”

Artikelskrywers:

Doen bietjie navorsing en deel met die leser die terapeutiese voordele van komedie vir die psige.

Gorrelskrywers:

Gorrel onder die titel: “Dit was gatskeur snaaks.”

Laat ons saam jou in Afrikaans lag.
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

KRUIP-KRUIP

Deur Datum gepubliseer: 22 April 2019 1

Dis April skoolvakansie. Na baie smeek en beloftes om ons deel elke dag te doen, het ma ingestem dat my liefde én Boeta se liefde, saam op vakansie mag gaan.

Soos altoos voor enige vakansie, bak ma genoeg koekies en beskuit vir ’n hele koshuis. Verder word daar ook met…

humor

Deur Datum gepubliseer: 22 April 2019 2

om te mor
is nie humor nie
morre mor oor stof
allerhande betekenlose
stowwerige gedagtes
slegs as jy die (hu)
by die (mor) sit
kan dit dalk
humor
word

©Teárlach

Lag tog ʼn Slag!

Deur Datum gepubliseer: 20 April 2019 3

Die koms van die internet het ons lewens totaal en al verander en genadiglik ook die deure oopgemaak tot soveel meer holistiese en alternatiewe behandelings. Dus, niemand het nodig om slegs op die (soms verouderde) kennis van sy mediese dokter staat te maak vir liggaamlike- en geestelike gesondheid nie….

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 63 gaste aanlyn

Bydrae Totale