Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2019 projek – Humor

Beste Inkers

Hierdie maand ondersoek ons die genre van humor en komedie.
Digters:

Skryf ‘n humoristiese gedig in eie styl. Daar is géén voorskrifte nie behalwe dat die komies moet wees.

Verhaalskrywers:

Skryf ‘n komiese verhaal oor iets snaaks wat in ‘n kerk kan gebeur of wat jy reeds in ‘n gewyde atmosfeer ervaar het.

Rubriekskrywers:

Skryf ‘n rubriek met die titel: “Humor vir ‘n verslae gemoed”

Artikelskrywers:

Doen bietjie navorsing en deel met die leser die terapeutiese voordele van komedie vir die psige.

Gorrelskrywers:

Gorrel onder die titel: “Dit was gatskeur snaaks.”

Laat ons saam jou in Afrikaans lag.
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Die Nagmaal

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2019 3

Nagmaal is ʼn gewyde saak,
nie iets waaroor mens grappies maak,
maar daardie Sondag moet jul weet
sal ek nimmer nooit vergeet.

Ek het die nuwelinge gou opgemerk
waar hul ongemaklik insluip in die kerk.
Die pa en ma, dogter en seun.
stigtelik gaan sit een vir een.

Was Kleinboet nog…

Limeriek

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2019 2

Ons president sweer hoog en laag
sy planne was ook kragloos vertraag
niks is vir vertel
beurtkrag ingestel
Eskomfeite raak afgesaag!

Elna Kruger 2019
Kopiereg

Boetman en die Baber (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 2 April 2019 3

Vader was ‘n visserman.
Hy was deel van Abramskroos.
So suinig soos die hel van self,
sou selfs vir Scrooge laat bloos.

Boetman was sy vakleerling,
Uit sy pa se aangesig gesny.
Menig dae sou die twee saam
na Valie se visgat toe ry.

Moddertrappers en slapsalies
word aan die hoek…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 49 gaste aanlyn

Bydrae Totale