Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2018 – Paasfees projek

Met die aanbreek van April, wat hierdie jaar saamval met die viering van paasfees, het ek dit goed gedink om dit die tema te maak vir die nuwe maand se projek. Ek wil egter hê julle moet bietjie navorsing doen en skryf oor hoe paasfees in ander dele van die wêreld gevier word, indien jy wil. Andersins kan jy eenvoudig skryf oor jou eie ervaring aangaanda die pase. Dit hoef nie ‘n Christelike toon te hê nie, maar dit is elke skrywer se eie prorogatief.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig in jou eie styl wat beskryf hoe paasfees deur jouself ervaar word.

SKRYWERS:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor ‘n goeie daad wat tydens paasfees plaasvind.

RUBRIEKSKRYWERS:
Is Paasfees nog relevant in hierdie moderne eeu?

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder

Vrydag

Deur Datum gepubliseer: 16 April 2018 3

Tien vingers aan Sy hande
een vir elk gebod
‘n doringkroon
‘n lendelap.

Is dít die Seun van God?

‘n Houtkruis teen ‘n heuwel
vyf tone aan elk voet.
Bitterwyn en spykers
donkerson
en bloed.

© Carma Shaw
14 April 2017

pase

Deur Datum gepubliseer: 14 April 2018 3

mooi verblinkerde sjokolade-hasies
soek huise vir hulself in winkel vensters
iewers snik ‘n moeder finaal oor haar seun
mense loop en koop hasies by die dosyne
kinders hang aan mammies se arms
soebat behoorlik vir nog hasies
eenkant snik ‘n moeder sag
teen rant staan ‘n kruis
groot massiewe…

TERRORISME

Deur Datum gepubliseer: 11 April 2018 3

TERRORISME OOR DIE HELE WÊRELD

[Hierdie stuk is al vyftien jare oud, maar dis grotendeels netso aktueel soos destyds. Ons moet net ‘n paar name uitruil – en dis vris en nuut: Trump…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 82 gaste aanlyn

Bydrae Totale