Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2018 – Paasfees projek

Met die aanbreek van April, wat hierdie jaar saamval met die viering van paasfees, het ek dit goed gedink om dit die tema te maak vir die nuwe maand se projek. Ek wil egter hê julle moet bietjie navorsing doen en skryf oor hoe paasfees in ander dele van die wêreld gevier word, indien jy wil. Andersins kan jy eenvoudig skryf oor jou eie ervaring aangaanda die pase. Dit hoef nie ‘n Christelike toon te hê nie, maar dit is elke skrywer se eie prorogatief.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig in jou eie styl wat beskryf hoe paasfees deur jouself ervaar word.

SKRYWERS:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor ‘n goeie daad wat tydens paasfees plaasvind.

RUBRIEKSKRYWERS:
Is Paasfees nog relevant in hierdie moderne eeu?

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder

Via Dolorosa na Liefde

Deur Datum gepubliseer: 26 April 2018 2

Dis ’n warm oggend in die klein dorpie, Galilea. Sara is besig om wasgoed op te hand. Haar moeder, Maria, is baie sieklik. Bedags werk haar vader, Jakob, dan versorg sy haar moeder. Haar maag herinner haar dat dit middagete is en sy gaan die huis in. Haar moeder…

Afrika Kreet

Deur Datum gepubliseer: 24 April 2018 6

Donkerman,
vandag het sy kleed om ons gevou
soos ‘n maan wat verduisterd agter ‘n son baljaar
tot die melkweg sy skitterblink laat straal
en ons soos motte na die liggies staar,
deur ‘n heelal vol klankende golwe –

behalwe vir die kleingeestiges
wat dink die Kaap is weer Hollands.

Ja,…

Paasfees in Palestina

Deur Datum gepubliseer: 23 April 2018 2

Paasfees in Palestina

Dis Paasfees in Jerusalem…
duiwe sing hul lentelied
in palms en olyfbome
langs die Via Dolorosa
tot by die Kruis van Golgota,
waar in die donker middernaguur
pelgrims vry kan word
met die aansteek van die Vuur

In Palestina is dit lente
waar papawers bloedrooi blom,
waar die “ster van Bethlehem”
Nazareners na die stal gelei.
Tussen ruïnes by…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 122 gaste aanlyn

Bydrae Totale