Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2018 – Paasfees projek

Met die aanbreek van April, wat hierdie jaar saamval met die viering van paasfees, het ek dit goed gedink om dit die tema te maak vir die nuwe maand se projek. Ek wil egter hê julle moet bietjie navorsing doen en skryf oor hoe paasfees in ander dele van die wêreld gevier word, indien jy wil. Andersins kan jy eenvoudig skryf oor jou eie ervaring aangaanda die pase. Dit hoef nie ‘n Christelike toon te hê nie, maar dit is elke skrywer se eie prorogatief.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig in jou eie styl wat beskryf hoe paasfees deur jouself ervaar word.

SKRYWERS:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor ‘n goeie daad wat tydens paasfees plaasvind.

RUBRIEKSKRYWERS:
Is Paasfees nog relevant in hierdie moderne eeu?

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder

Verlossing

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2018 4

Die openbaring van voorkeur
is nie beskore vir dit
wat jou laatnag dryf
tot slapeloosheid
in die middernagtelike wroegings
wat ontydig die slaap
kom steel terwyl jou drome
diep verborge in die ring
van die maan
loshande hang
en vryval af grond toe nie

en jy jouself boeglam skrik
terwyl…

Woorde van goedheid

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2018 3

Wit lyk die lug
hier waar ek staan en kyk
hoe die boompie
se blare verblyk

Hoe hulle afteimel na die grond
hoe die takke yl word
wanneer die stilkoue oor hulle streel
en alles vaal poleer

Uit die smeltkroes van U lyding
bring U vir my genesing

Praat ons van Páásfees?

Deur Datum gepubliseer: 27 April 2018 3

Is énigiets nog relevant in die tyd waarin ons leef? Elkeen volg die pad soos dit vir hom/haarself reg voel. Meestal. Weet nie of dit uiteindelik reg of verkeerd is nie, maar die blote feit dat ons nie meer so gebonde is aan voorgeskrewe reëls wat deur wie-weet-wie uitgedink…

Gebruikers Aanlyn

including 2 members, 101 guests online

Bydrae Totale