Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2017 projek – Ope projek

In hierdie projek wil ons hê jy moet op drie aspekte van dig- en skryfkuns konsentreer. Om dit effe meer toeganklik te maak is dit ‘n oop tema en geen spesifieke versvorm (in die geval van verhale en rubrieke is dit ‘n oop tema) word verlang nie. Wat egter in die gedig / kortverhaal ingesluit moet word is:

1. Een metafoor
2. Een vergelyking
3. Een geval van personifikasie.

Ek gaan vinnig verduidelik wat die verskil tussen die bogenoemde is:

VERGELYKING:
Dit word altyd voorafgegaan met ‘n soos/so-as ens. Indien ‘n persoon of situasie met iets anders vergelyk word: ‘so vet soos ‘n vark’; ‘so fluks soos ‘n mier’ ens. waar die METAFOOR die skrywer een stappie verder neem waar iets of iemand iets anders word. ‘n Maklike voorbeeld is: Hy het senuwees soos staal (vergelyking) en; Hy het senuwees van staal (metafoor)

PERSONIFIKASIE:
Personifikasie is ‘n spesifieke soort metafoor waar menslike eienskappe toegedig word aan nie-menslike eienskappe. Dinge en begrippe kry persoonlike eienskappe soos byvoorbeeld:
(AG Visser) “Die maanlig het die see gesoen”

METAFOOR:
Waar mens aan twee verskillende voorwerpe dink, maar jy noem net een dan gebruik jy ‘n metafoor. Bv: Berge omarm die vallei ( die lyk asof die berge soos twee arms om die vallei strek)

Daar moet ten minste een van elk van die drie elemente in jou plasing voorkom. Dit is ‘n heerlike oop tema en ons sien baie uit na jou besonderse inskrywing/s.

Lekker skryf
Projekbestuur

Jou wese

Deur Datum gepubliseer: 12 April 2017 3

jy baadjie my
met jou kalmte
daar waar soveel
onnodige vrese
sekel aan die
koepelruim

met jou warm kyk
strooi jy bosse
geel magrietjies
vol in blom en
jou asem, jou asem
laat my stom

op gure reëndae
knars jou hitte
vir my die soutsee
in die geurigste,
lieflikste patee

Skenk jy . . .

Deur Datum gepubliseer: 12 April 2017 4

skenk, ja gee daagliks
mildelik troos;
mirre goud en
diamant uit die skatkis
van jou binnekant

salf my met jou bekoring
in koring se bronstige geel
stuur jou reddende boodskap
in rooi, helder soos die son

sprei jou vlerke deur engellig
heilig dan veersag die brakwater
van ons onseker tye…

In die gees van Paasfees – skuins voor Paasfees

Deur Datum gepubliseer: 12 April 2017 8

Opwinding en afwagting was duidelik op hul gesiggies te sien toe hulle die klokkie by die hek druk.

Vir die komende vakansie wou hulle geld insamel. Die feit dat leerlinge geld insamel, was nie vir haar vreemd nie. Daar was altyd skooltoere of sporttoernooie wat ’n sakgeldjie vereis het. Hul…

Gebruikers Aanlyn

5 Lede, 48 gaste aanlyn

Bydrae Totale