Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2017 projek – Ope projek

In hierdie projek wil ons hê jy moet op drie aspekte van dig- en skryfkuns konsentreer. Om dit effe meer toeganklik te maak is dit ‘n oop tema en geen spesifieke versvorm (in die geval van verhale en rubrieke is dit ‘n oop tema) word verlang nie. Wat egter in die gedig / kortverhaal ingesluit moet word is:

1. Een metafoor
2. Een vergelyking
3. Een geval van personifikasie.

Ek gaan vinnig verduidelik wat die verskil tussen die bogenoemde is:

VERGELYKING:
Dit word altyd voorafgegaan met ‘n soos/so-as ens. Indien ‘n persoon of situasie met iets anders vergelyk word: ‘so vet soos ‘n vark’; ‘so fluks soos ‘n mier’ ens. waar die METAFOOR die skrywer een stappie verder neem waar iets of iemand iets anders word. ‘n Maklike voorbeeld is: Hy het senuwees soos staal (vergelyking) en; Hy het senuwees van staal (metafoor)

PERSONIFIKASIE:
Personifikasie is ‘n spesifieke soort metafoor waar menslike eienskappe toegedig word aan nie-menslike eienskappe. Dinge en begrippe kry persoonlike eienskappe soos byvoorbeeld:
(AG Visser) “Die maanlig het die see gesoen”

METAFOOR:
Waar mens aan twee verskillende voorwerpe dink, maar jy noem net een dan gebruik jy ‘n metafoor. Bv: Berge omarm die vallei ( die lyk asof die berge soos twee arms om die vallei strek)

Daar moet ten minste een van elk van die drie elemente in jou plasing voorkom. Dit is ‘n heerlike oop tema en ons sien baie uit na jou besonderse inskrywing/s.

Lekker skryf
Projekbestuur

WOORDE KRY VLERKE

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2017 6

my mond is toe, my ore oop
ek is die vlieg teen jou muur
neem waar, neem op, verwerk
jy huil, spoeg en praat
soos die vlieg in jou sop
onderbreek ek jou selfbejammering
dring ek my in jou kop in
gee ek raad, troos ek, vra ek
of…

Afgetree

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2017 5

“Ek vryf net oor my neus en dan dink hy daar is iets in sy neus. Dan hardloop hy badkamer toe soos ‘n aflosatleet om in die spieël te gaan kyk”. Herman lag so hard dat hy amper van sy stoel af val. “Dis gemeen!” sê Marie ontsteld. “Wel,…

Dagreis van die son

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2017 7

Swaar lig die son sy kop…
en strek sy arms behaaglik uit oor die vallei,
klim dan soos ‘n ou man uit sy bed
en groet die dag met die lig van sy pet.

Stadig begin hy met sy dag se ritueel,
streel oor sy ou baard van bossie en…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 34 gaste aanlyn

Bydrae Totale