Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2017 projek – Ope projek

In hierdie projek wil ons hê jy moet op drie aspekte van dig- en skryfkuns konsentreer. Om dit effe meer toeganklik te maak is dit ‘n oop tema en geen spesifieke versvorm (in die geval van verhale en rubrieke is dit ‘n oop tema) word verlang nie. Wat egter in die gedig / kortverhaal ingesluit moet word is:

1. Een metafoor
2. Een vergelyking
3. Een geval van personifikasie.

Ek gaan vinnig verduidelik wat die verskil tussen die bogenoemde is:

VERGELYKING:
Dit word altyd voorafgegaan met ‘n soos/so-as ens. Indien ‘n persoon of situasie met iets anders vergelyk word: ‘so vet soos ‘n vark’; ‘so fluks soos ‘n mier’ ens. waar die METAFOOR die skrywer een stappie verder neem waar iets of iemand iets anders word. ‘n Maklike voorbeeld is: Hy het senuwees soos staal (vergelyking) en; Hy het senuwees van staal (metafoor)

PERSONIFIKASIE:
Personifikasie is ‘n spesifieke soort metafoor waar menslike eienskappe toegedig word aan nie-menslike eienskappe. Dinge en begrippe kry persoonlike eienskappe soos byvoorbeeld:
(AG Visser) “Die maanlig het die see gesoen”

METAFOOR:
Waar mens aan twee verskillende voorwerpe dink, maar jy noem net een dan gebruik jy ‘n metafoor. Bv: Berge omarm die vallei ( die lyk asof die berge soos twee arms om die vallei strek)

Daar moet ten minste een van elk van die drie elemente in jou plasing voorkom. Dit is ‘n heerlike oop tema en ons sien baie uit na jou besonderse inskrywing/s.

Lekker skryf
Projekbestuur

WENNERS: – April (ope projek)

Deur Datum gepubliseer: 8 Mei 2017 8

ALGEMENE NOTA:

Ek dink baie van die digters en skrywers verstaan of nie die elemente soos in die opdrag versoek nie of verwar die wyse waarop dit gebruik moet word. Ten minste 80 % van die verse en verhale ontbreek aan ten minste een van die elemente. …

‘n Wit stoel met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van England)

Deur Datum gepubliseer: 1 Mei 2017 7

Beste Shirley

Ek sit vandag hier op ‘n wit stoel
by ‘n tafel met goue eetgerei.
Dis ‘n warm sonskynmiddag
aan die einde van April.

Glo dit as jy wil,
maar ek sit nou langs die see
op ‘n plek waar net die rykstes
van die rykes woon –
met blykbaar net sjampanje
en vonkelwater om te drink.
(Hoe begeer…

Meimaand se mantra

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2017 12

Iewers op die oewers
van my lewe
het Meimaand
jou kom kry.
Jy wou weet
of my son jou ook sal vergeet,
of sy strale jou voetspore sou afmeet
in die lig van my volmaan
waar drome ruimteloos
deur die lug sou sweef.

Jy wou weet
of jou stem sou…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 39 gaste aanlyn

Bydrae Totale