Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2017 projek – Ope projek

In hierdie projek wil ons hê jy moet op drie aspekte van dig- en skryfkuns konsentreer. Om dit effe meer toeganklik te maak is dit ‘n oop tema en geen spesifieke versvorm (in die geval van verhale en rubrieke is dit ‘n oop tema) word verlang nie. Wat egter in die gedig / kortverhaal ingesluit moet word is:

1. Een metafoor
2. Een vergelyking
3. Een geval van personifikasie.

Ek gaan vinnig verduidelik wat die verskil tussen die bogenoemde is:

VERGELYKING:
Dit word altyd voorafgegaan met ‘n soos/so-as ens. Indien ‘n persoon of situasie met iets anders vergelyk word: ‘so vet soos ‘n vark’; ‘so fluks soos ‘n mier’ ens. waar die METAFOOR die skrywer een stappie verder neem waar iets of iemand iets anders word. ‘n Maklike voorbeeld is: Hy het senuwees soos staal (vergelyking) en; Hy het senuwees van staal (metafoor)

PERSONIFIKASIE:
Personifikasie is ‘n spesifieke soort metafoor waar menslike eienskappe toegedig word aan nie-menslike eienskappe. Dinge en begrippe kry persoonlike eienskappe soos byvoorbeeld:
(AG Visser) “Die maanlig het die see gesoen”

METAFOOR:
Waar mens aan twee verskillende voorwerpe dink, maar jy noem net een dan gebruik jy ‘n metafoor. Bv: Berge omarm die vallei ( die lyk asof die berge soos twee arms om die vallei strek)

Daar moet ten minste een van elk van die drie elemente in jou plasing voorkom. Dit is ‘n heerlike oop tema en ons sien baie uit na jou besonderse inskrywing/s.

Lekker skryf
Projekbestuur

Moontlik is nie altyd maklik nie

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2017 8

Op die oog af het sy baie gemakliker as die ander stappers in die groep gestap. Dit het gelyk asof daar geen inspanning van haar kant af nodig was nie.

So ver as wat sy gestap het, het sy gesels en selfs met haar hande beduie. Ná 5 km het…

Soos een wat op verlossing wag

Deur Datum gepubliseer: 2 April 2017 6

êrens waar die sterre tuimel
uit die newels van ‘n melkweg
êrens waar ‘n towermaan
oor ‘n dor en barre aarde skyn
breek ‘n boom ‘n klip
en kremetart sy onder hemele
oneindig wyd en ruim

diklyf, kaal en sonder skaamte
wring sy haar arms tot geraamte
en laat haar…

April 2017 projek – Ope projek

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2017 4

In hierdie projek wil ons hê jy moet op drie aspekte van dig- en skryfkuns konsentreer. Om dit effe meer toeganklik te maak is dit ‘n oop tema en geen spesifieke versvorm (in die geval van verhale en rubrieke is dit ‘n oop tema) word verlang nie. Wat egter…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 51 gaste aanlyn

Bydrae Totale