Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projekte

Doka

Deur Datum gepubliseer: 15 Mei 2016 11

Strale val subjektief
oorbelig op vers formaat
geprojekteer deur negatief
as bundels swart en wit
in die lens se objektief
om sigbaar vergroot te lê,
in die donker as ligsensitief

Gebeeld en gebad op papier,
fikseer ek grief en lief
wat ontwikkel as emosie
gehang en gedroog as brief

Tweestryd

Deur Datum gepubliseer: 13 Mei 2016 10

As jy my entoesiasme
blus met antagonisme
mag ek jou dalk net
met entoesiasme
antagoniseer

Sprogedie

Deur Datum gepubliseer: 13 Mei 2016 13

Sprokie liefde is die skulp
waaruit ek my pêrels skep
‘n halsnoer om my nek
vibreer stom as my stem

Lekseme lê soos Sneeuwitjie
in ‘n glas kis ten aanskou
aan hartseer verstik
met ware liefde opgewek

Om saam Skoonlief weer
die Ondier te trotseer
met n wals van woorde
‘n roos se verlep te keer

Al spinnende slaap die Skone
in…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 97 gaste aanlyn

Bydraes – Argief