Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projekte

My hartedief

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2016 6

koesterend speel die sonstrale
oor die kartels van my lyf
met warm vingerhale
word koue uitgedryf

elke oomblik vasgevang
soos ‘n helder reënboog
in my hartkamer gehang
laat ‘n vonkel in my oog

neurie ek jubelend saam
geniet elke kosbaar oomblik
vergeet van verborge traan
want die lewe is heerlik

ja, die lewe is ‘n lied my lief
en jy bly ewig…

Genooi na die feesmaal.

Deur Datum gepubliseer: 11 April 2016 7

In seisoene se instink om oorlewing
ontwaak die roepstem van ontkieming
beurend uit aardkors met mag en mening
waar grond versit word sonder toestemming.

Gehul in ʼn afwagtingsemosie
vir die vorming van nuwe verlusting
groet vrugontkieming son se lewensenergie
borduur in harmonie die geile florering.

Verrukkende Verlange

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2016 13

Ek onthou -nes kindwees- die vlootbloue berge
voor die skemer die klowe verskadu tot swart
en hoor in verbeelding die kla in die verre
as ‘n demproep van ‘n vleiloerie vol smart.

̕Ek bepeins in die oggend, na na-nag se sterf,
die frank van wilderosyn en soetdoringgom
en verlange vervleg deur in gisters te swerf
as…

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 81 gaste aanlyn

Bydrae Totale