Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projekte

Stille oseaan

Deur Datum gepubliseer: 17 Oktober 2016 5

In die strale
van my hart se maan
voel ek hoe breek
verlange ‘n middelvoor
deur my bestaan

In die oggend’dou
se stille ontwaak
het ‘n stukkie hoop gehang
en voor die skadu’s dit kon vang!

Sissend suisend
‘n sagte stilte
wat nakend uit my teerheid skyn
en wegwas…

Saphira in die Donker Woud

Deur Datum gepubliseer: 17 Oktober 2016 3

Die stilte van die woud omvou die swart-en-bruin Feetjie Hond. Die baie geraas wat die Feë en mense in Kasteel Campbell maak gaan haar nog mal dryf.

Sy kan die mos en varings ruik onder die dennenaalde wat soos fyn reën van die hoë bome af sif. Sy weet dit…

ROMANTIESE WINTERSAAND

Deur Datum gepubliseer: 17 Oktober 2016 6

Misterieus

Teen
die donkernagruite
Trek die sneeuvlokke
nat strepe
teen die ruite.

Grou en grys
lyk die nag,
geen sterreprag.

Langs my sit sy
asemrowend mooi
spierwit rok
en lippe rooi getooi.

Rooi kunsblom
in haar blonde hare
wat golwend
blinkend
satynsag
in krulle
op haar skouers neertuimel.

Kaggelvuurvlamme
se lig teen die…

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale