Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projekte

Antiek

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2016 16

Onthou in my oudheid
hoe nuut ek was
vind myself blink
in ‘n ander era pas.

Eens het ‘n spieël op my gerus
nou hou my werkblad woorde vas,
Meer van jouself sal jy nou sien,
want woorde weerkaats jou hart
dus is die spieël uitgedien.

Ontbloot myself afgeskuur,
langs die…

Oogwink

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2016 10

Onverwags het tyd ophou wag
en het wysers gebuig
vir my begin lag
sekondes skop teen minuut mure
en my horlosie tel jare in ure
voor ek myself kon vind
het ek my aan tyd vas gebind
en sien ek myself oud
in die oë van ‘n kind

Erik se Delusies

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2016 6

Erik stop voor die donker venster van die restaurant en maak eers seker dat sy voorkoms is soos hy dit wil hê. Beïndruk met homself, loop hy tot by die deur en verwag dat een van die kelners van binne die deur moet oopmaak.

Hy betree die restaurant en kan…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 66 gaste aanlyn

Bydrae Totale