Eenvoud bring vreugde
Brons Eenvoud bring vreugde glimlaggend trek hulle kringe in die sand vriendskap vorm ń hegte band al sit hulle met lyfies geboë dans glimlaggies in ondeunde oë eenvoud bring vreugde in kinderharte murmureer nie oor gister se smarte donkerte belig met brandende kerse koue lyfies wikkel dieper onder wolkomberse ellende genadiglik bedek deur die […]
Kinders van tegnologie
(Woordtelling : 1379) Generasie Alpha. Die geslag gebore tussen 2010 en 2024, kinders van die tegnologiese eeu. Die benaming is die voorstelling van ʼn nuwe begin en om nie terug te keer na die ou gebruike of lewenswyses nie. Hierdie is die eerste generasie waarvan almal in die 21e eeu gebore is, met geen […]
‘n Ondersoek na wysheid in onskuld.
‘n Ondersoek na wysheid in onskuld. In ons gejaagde wêreld waar volwassenheid gereken word as ‘n maatstaf vir wysheid en insig, is dit so maklik om die sagte fluisteringe van ‘n kind se siel te mis. Maar wat as ek sê dat die ware kern van wysheid soms in die eenvoudige, onskuldige beskouing van ‘n […]
Briefie aan Pappa (Silwer)
Liewe Pappa ek sien in Pappa se oë ’n waas van vog soos dou maar ek sien ook die reënboë wat Pappa se oë hou wanneer stormwaters oor my toekoms hartseer in Pappa se oë woed lees ek ’n strofe van sonsopkoms in Pappa se gemoed in die hemelblou van Pappa se oë koepel liewe Jesus […]
Blinkoogwoorde (Silwer)
Kom oupa; o-u-p-a kóm! kóm speel my saam het sy gesiggie blinkoog geblom kóm oupa; o-u-p-a kóm! kóm speel my saam wyl hy my vinger trek neul hy voort kóm oupa; o-u-p-a; kóm! kom spéél my saam in sy blinkoogwoorde kon ek lees sy droom ——-ooo000ooo——- (© Pieter Mostert)
Verlore onskuld (silwer)
kommervry kom hulle nader nie agterdogtig nie bewus van kwaad ‘n toonbeeld van onskuld nie bang om foute te maak hulle wil net liefhê sonder vrees net die lewe leef wat voor hulle lê met aansteeklike oorgawe was dit dalk waarom Hy gesê het -laat hulle na My toe kom en verhinder hulle nie- Hy […]
SPOORLOOS
Ons kinders is ons toekoms, ons leiers en vooruitgang. Tog word daar Jag gemaak op ons kinders. Mensehandel sindikate is vandag ‘n alledaagse verskynsel en ek voel daar word nie genoeg gedoen om dit te keer nie. Agter elke kind wat mishandle word, wegraak of gemolesteer en verkrag word sit ‘n grootmens met veragtelike denke. […]
KLEIN SPOORTJIES
My kleinkinders geniet die fotos teen die muur in my gang. Hulle geniet hulle eie gesiggies en kan so onskuldig vra, “was ek ook ‘n baba ?” My kleindogter raak hewig ontsteld as my dogter vir haar sê dis my mamma, dan sê sy nee dis my ouma. Oupa het ‘n hartoperasie gehad en hulle […]
Dertig sikkels silwer (Silwer)
Toe jy, reënboogkind in jou blou hoepelrok met rosige wangetjies hare gestrik saam met ma na haar sprokiesland reis klein ghettoprinses sou jy óóit kon bepaal dat die blink uit jou oë vir die trip moes betaal? Elize Kruger 4 April 2024
LIEFDE IN ONSKULD
Hoe wonderlik en onopgesmuk is die liefde en onskuld van ‘n kind. Kinder sêgoed kan ‘n mens laat skater . Dis goedkoper as ‘n dokters konsultasie en ‘n super tonikum. Kinders is super sensitief vir emosies, al gewonder hoekom jou baba huil as jy gemoed vol is ? Kinders se uitkyk op die lewe en […]