Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

3de Skryfkompetisie – Ink.org.za (1 Julie 2017 tot 10 Oktober 2017)

Dit is vir my wonderlik om die groot nuus met julle te deel. Hierdie kompetisie het die grootste pryse wat ons nog ooit op INK aangebied het! Die wenners sal op die gala-aand 4 November 2017 aangekondig word en ook hulle pryse van die borge ontvang

Die kompetisie het geen tema nie en lede kan self besluit of hulle ‘n digbundel, kortverhale/sketse of ‘n verhaal wil inskryf. Jy moet genoeg plasings (120 bl) op INK doen om te kwalifiseer en MOET ‘n geregistreerde en betalende lid wees om te kan deelneem.

Lede wat inskryf moet daarop let dat INK en borge betrokke GEEN redigeer werk aan die boeke/bundels gaan doen of verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Dit is elke lid wat inskryf se plig om toe te sien dat sy/haar inskrywings taalkundig versorg en korrek is.

Daar is ‘n eerste plek in die gedigte ASOOK ‘n eerste plek in die verhale en dit is nie waar die goeie nuus ophou nie … ons het ook ‘n 2de prys in elke afdeling.

1. Ingeskrewe lede van INK kan deelneem aan die beplande kompetisie in 2 afdelings nl boeke en digbundels wat in 2017 geloots word.

2. Die inskrywings word deur INK geadministreer en die 10 bestes in elke afdeling deur die INK moderators gekies en aan die borge voorgelê vir beslissing. Geen korrespondensie sal oor die uitslae gevoer word nie en die beslissing is finaal.

3. Eerste prys borg (gedigte & verhale) Groep 7 drukkers en Uitgewers (Pty)Ltd

a. ontvang 10 gekeurde manuskripte wat reeds taalkundig versorg is sowel as die inligting vir die buiteblad (lokteks, foto/skets/foto skrywer of digter).

b. doen bladuitleg en buitebladontwerp vir al 10 (as hule prys vir Top 10)

c. kies 1 wenner uit die 10 finaliste vir elke afdeling en wenners ontvang bykomend:

i. Registrasie van ISBN.

ii. 50 gedrukte boeke elk.

iii. Beskikbaarstelling op Groep 7 se aanlyn boekwinkel of E-boek, volgens die normale kostes en prosedure.

4. Indien die 9 ander in die top 10, wel hulle boeke wil laat druk, is die professionele voorbereiding reeds gedoen en hulle betaal net vir die drukkostes.
5. Hierdeur wil Groep 7 poog om die standaard van self-uitgewery te verhoog sodat dit in lyn is met die tradisionele uitgewers en boeke in die handel.

2de prys borg (gedigte & verhale): SA Vryskutskrywer

1. Die tweede pryswenner in die kortverhaalkategorie ontvang ‘n aanlynskryfkursus – LAAT JOU KARAKTERS LEEF.

2. Die tweede pryswenner in die digkunskompetisie ontvang ‘n aanlynskryfkursus – SKRYF JOU GEDIG.

Albei kursusse word deur SA Vryskutskrywer geborg.

Dit sluit in kursusmateriaal sowel as afstandonderrig en ‘n Sertifikaat van Voltooiing, mits die kursus bevredigend afgehandel en die vereiste slaagsyfer behaal word.

Mag elke lid op INK hierdie goue leentheid aangryp en inskryf!

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!

Anzé

Prinses van Eggo’s

Deur Datum gepubliseer: 9 Oktober 2017 6

Liesl loop die donker steen gang af. Sy kan skaars haar opwinding beteul. Haar elf susters giggel agter haar. Sy kan steeds nie glo dat hulle ook saam met haar elke aand gaan dans nie. Veral omdat musiek verbode is in hul koninkryk.

Sy skud die ongemaklike gedagte weg en…

Geloof.

Deur Datum gepubliseer: 9 Oktober 2017 6

Kyk, dis nog daglig
Die son se silwer strale speel
op die verre westelike horison.
Wie wil nou al dink aan die dood.
Die mens se siel bly leef
solank dit Sy wil is
Solank ek bly hoop en glo.
Die hemel se Vader sal altyd
Sy beskermende hand…

My wasgoedlyn

Deur Datum gepubliseer: 8 Oktober 2017 7

Jou wasgoedlyn verklap jou diepste geheim.
Hang jy net witwasgoed oor ngeroeste doringdraad lyn.
Miskien jouskoon wasgoed oor n bouvallige klei muur.
Dalk hang jy stukkende wasgoed oor n nuwe agterplaas lyn..
Feit is , jou wasgoed is vuil,, geskeur of nuut,jy moet self besluit!

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 34 gaste aanlyn

Bydrae Totale