Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

3de Skryfkompetisie – Ink.org.za (1 Julie 2017 tot 10 Oktober 2017)

Dit is vir my wonderlik om die groot nuus met julle te deel. Hierdie kompetisie het die grootste pryse wat ons nog ooit op INK aangebied het! Die wenners sal op die gala-aand 4 November 2017 aangekondig word en ook hulle pryse van die borge ontvang

Die kompetisie het geen tema nie en lede kan self besluit of hulle ‘n digbundel, kortverhale/sketse of ‘n verhaal wil inskryf. Jy moet genoeg plasings (120 bl) op INK doen om te kwalifiseer en MOET ‘n geregistreerde en betalende lid wees om te kan deelneem.

Lede wat inskryf moet daarop let dat INK en borge betrokke GEEN redigeer werk aan die boeke/bundels gaan doen of verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Dit is elke lid wat inskryf se plig om toe te sien dat sy/haar inskrywings taalkundig versorg en korrek is.

Daar is ‘n eerste plek in die gedigte ASOOK ‘n eerste plek in die verhale en dit is nie waar die goeie nuus ophou nie … ons het ook ‘n 2de prys in elke afdeling.

1. Ingeskrewe lede van INK kan deelneem aan die beplande kompetisie in 2 afdelings nl boeke en digbundels wat in 2017 geloots word.

2. Die inskrywings word deur INK geadministreer en die 10 bestes in elke afdeling deur die INK moderators gekies en aan die borge voorgelê vir beslissing. Geen korrespondensie sal oor die uitslae gevoer word nie en die beslissing is finaal.

3. Eerste prys borg (gedigte & verhale) Groep 7 drukkers en Uitgewers (Pty)Ltd

a. ontvang 10 gekeurde manuskripte wat reeds taalkundig versorg is sowel as die inligting vir die buiteblad (lokteks, foto/skets/foto skrywer of digter).

b. doen bladuitleg en buitebladontwerp vir al 10 (as hule prys vir Top 10)

c. kies 1 wenner uit die 10 finaliste vir elke afdeling en wenners ontvang bykomend:

i. Registrasie van ISBN.

ii. 50 gedrukte boeke elk.

iii. Beskikbaarstelling op Groep 7 se aanlyn boekwinkel of E-boek, volgens die normale kostes en prosedure.

4. Indien die 9 ander in die top 10, wel hulle boeke wil laat druk, is die professionele voorbereiding reeds gedoen en hulle betaal net vir die drukkostes.
5. Hierdeur wil Groep 7 poog om die standaard van self-uitgewery te verhoog sodat dit in lyn is met die tradisionele uitgewers en boeke in die handel.

2de prys borg (gedigte & verhale): SA Vryskutskrywer

1. Die tweede pryswenner in die kortverhaalkategorie ontvang ‘n aanlynskryfkursus – LAAT JOU KARAKTERS LEEF.

2. Die tweede pryswenner in die digkunskompetisie ontvang ‘n aanlynskryfkursus – SKRYF JOU GEDIG.

Albei kursusse word deur SA Vryskutskrywer geborg.

Dit sluit in kursusmateriaal sowel as afstandonderrig en ‘n Sertifikaat van Voltooiing, mits die kursus bevredigend afgehandel en die vereiste slaagsyfer behaal word.

Mag elke lid op INK hierdie goue leentheid aangryp en inskryf!

Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!

Anzé

LEES dringend asb – 3de skryf kompetisie sperdatum vir inskrywings was 10 Oktober 2017!!

Deur Datum gepubliseer: 12 October 2017 6

Vriende ons is al amper by begin Oktober 2017 en die 10de (sluitingsdatum) Oktober 2017 is binne ‘n paar dae hier. Ek wil al die lede wat deel is van die 3de skryf kompetisie net herinner aan die feit dat ek van 1 – 10 Oktober 2017 die inskrywings…

Bloed en Ys

Deur Datum gepubliseer: 10 October 2017 7

Die bloed sypel uit die wond op Nataniël se nek. Ek staan doodstil. Selfs in die bleek lig van die nuwemaan is die dik vloeistof onmiskenbaar.

‘Vanaand eer ons ons trop, ons dertiental en ons verbond,’ sê Nataniël en hou ‘n beker op teen sy nek.

Ek kan nie wegkyk nie….

Pers Vonkies

Deur Datum gepubliseer: 10 October 2017 8

‘Jy kan dit nié aan boord bring nié!’

Jess kyk bekommerd rond voordat sy in die man se oë staar: ‘Ek kán dit aan boord bring.’

‘Nee, jy kan nie,’ sê die matroos met ‘n vinnige skud van sy kop.

Sy sug saggies en kyk weer rond om seker te maak dat…

Gebruikers Aanlyn

including 1 member, 66 guests online

Bydrae Totale