Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Liegstories

Oom Huilwa, Ta’ Brieka en die walvis

Deur Datum gepubliseer: 23 Maart 2019 2

Ek gaan nou nie so ongeskik wees om te sê Oom Huilwal was lelik nie. Ek gaan maar net sê sy gesig was onnetjies. Dit het half gevoel of al die parte op sy gesig nie mooi gesit het waar hulle moes sit nie. Ek kan ook nie veel…

tokkelossie

Deur Datum gepubliseer: 15 Februarie 2019 2

skeel-oog se tja-ma
kyk in kalbas se kelk

sy sè: “jy moet bokgoed ja

tokkelossie steel hul melk.”

 

skeel-oog dans n gode-dans

al agter die bok

hy’t suutjies-suutjies agter die berg geloop

hy’t vir mamma-goed gejok

hy’t koffie se wit-maak-goed

aan kaaiman

vir twak-goed

gaan verkoop.

wraak

Deur Datum gepubliseer: 15 Februarie 2019 1

jannetjie -piet se bicycle klop-klop
al langs die donker pad

hys dronk in sy kop

vanaand gaan die poppe roer

wraak sit soet-stil in sy bors
want daai slegte jan slang
het gister-aand
so hoor hy
toe die maan skeef-kop lè

op die dansvloer by bo-krans
glad riel-riel

en binne-boud

met sý kopdoek rosie …

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 50 gaste aanlyn

Bydrae Totale