Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

Seemeeu

Deur Datum gepubliseer: 18 Februarie 2016 11

Tussen berg, boom en klip
en laat middagson hitte
wat golwe op die grondpad gooi
hoor mens die gesing
van voëls gereeld.

Hier is loeries en arende
en as die geluk na jou kant toe waai
mag jy dalk ’n valk sien.

Ja, my grootword is in die Bosveld
… al verlang my hart na die see
en saam…

Kruispad

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 11

Reeds getrapte voetspore eggo in jou ore,
die voete waarvandaan dit kom staan eers stil.
Die reis neem ‘n pouse en jy gedwonge ook,
want jou reeds geloopte pad spruit uit in drie.

Die reeds geloopte pad is been vier,
voor jou lê been een tot drie.
Ienkie-pienkie-ponkie…

Lente

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 10

Die windpomp staant trots met sy staal maanhare,
pote geanker in lowergroen vroeglengte gras.
Wattebolle dryf lui in die blou en laat plek-plek die son toe
om haar arms deur te steek en met goue vingers oor die aarde te streel.
Bome staan fier en swaai die deuntjie
van…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 30 gaste aanlyn

Bydrae Totale