Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

ENGEL VROU

Deur Datum gepubliseer: 12 Augustus 2016 5

 

OPGEDRA AAN ALZHEIMER PASIENT IN OUETEHUIS  (NOU IN VADER SE HUIS)

Engel vrou,
Jou sagtheid
En jou liefde
In vergetenheid
Bring heelheid
In gebrokenheid.

Jou omgee hande
Wat kombers omvou
Oor oue, stywe lyf,
is God se liefdeshand
oor ouemens in eensaamland.

Jou oë is liefdes poele van
Gods gena. Ja, jy is
sy gestuurde in díé
eensaamland.

OUE MENS VERGETE MENS

Deur Datum gepubliseer: 12 Augustus 2016 5

OPGEDRA AAN ALZHEIMER PASIENT IN OUETHUIS.

Oue mens, vergete mens, jy’s
Weg gebêre tussen veilig mure.
Opgesluit in gans vergetenheid.

Hoe word ek tog weer mooi? Vra jy.
Die plooie het verdrink
In sorge en verlatenheid.
Sal jy my help
Om mooi te lyk?

Sien jy my raak?
Verweerde liggaam
In ‘n…

DOELLOOS OM EN OM

Deur Datum gepubliseer: 12 Augustus 2016 4

OP GEDRA AAN ALZHEIMER PASIENT IN OUETEHUIS.

Om en om.
Dieselfde pad.
Sonder begrip.
Sonder verstand.
Doelloos om en om.

Hoe was jou lewe,
mensekind met geen verstand?
In watter boek
Sal ek jou storie vind?

Was daar vreugde?
Was daar begrip?
Het kinderlaggies
Vreugde wel gebring?
Het hul voete gate
In…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 73 gaste aanlyn

Bydrae Totale