Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

Eerste Erosswymel

Deur Datum gepubliseer: 2 Mei 2016 7

Die grasgroen waatlemoen het bloedrooi oopgebars
met in sy gitryppitte my tande stomp geknars
seshandig moes ek doen die fynknyp van ’n pars
tussen koud en hitte tot sweet my vel uitbars
en tussen pienk en wit het stukkies lap laat waai
die hemelruim én swartgat deur met Josefskleure…

Die edik in my woorde

Deur Datum gepubliseer: 2 Mei 2016 6

JY, die eens held
van my kinderdrome
en die redder van my vrouwees vrees
het jou verwerping louwarm
teen my siel se binnenaat kom lê
dit was toe die ongestotterde woorde
in dade voelbaar was
wat die stilswye skerp
soos dolke deur my
kon priem

deur ontkenning van my bestaan
is my drome in flardes gebreek
en het my trane (tesame…

Adelaarheerser

Deur Datum gepubliseer: 2 Mei 2016 9

Adelaarheerser

Ek het deur die eierdop gepik en my
ogies teen die skielike skerp sonlig geknip —
My vlerkies het al sterker geword en ek
het afgekyk in die diep afgronde en het
soms gevaarlik tot naby die rand gekom
wyl ek so verlangend na die vertes…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 76 gaste aanlyn

Bydrae Totale