Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

~ Daardie nag (2) ~

Deur Datum gepubliseer: 4 Mei 2016 10

goue paljas newel weer my sinne en ek dink wat nou,
hoe nou gemaak om ‘n nag uit my hart te wis, want
nouse nagte is dit altyd dag oral om my, dag hele dag
en nagtyd dag maar hier binne, hier diep binne my bly
dit nag, ‘n…

~ Nirvana ~

Deur Datum gepubliseer: 4 Mei 2016 5

Gedagtes lê soos ‘n oopgeslane boek in hierdie nirvana
waar ek kwingkwang soek na jou silhoeët,
na die wit van jou kneukels wat afwys teen die maan.

Die lelies in my lyf ontplof
en nag word ‘n kleurespel van sterrereën
toe ek jou effe verskuil teen ‘n Kaapse…

Alle prag

Deur Datum gepubliseer: 4 Mei 2016 4

‘n Blom in alle prag
het skoonheid
maar geen krag

want sterkte rus
waar blomblare
op die grond is.

Die saad wat lewe dra
word versprei
na more, sonder vra.

Dis die siklus van leef
en oorleef
om ‘n vrugbare saad, te wees.

Gebruikers Aanlyn

7 Lede, 110 gaste aanlyn

Bydrae Totale