Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

Godgeskenkte Pais en Vrede

Deur Datum gepubliseer: 16 Junie 2016 7

Die laaste strale van die sinkend’son
sterf sleurend in saffier se kleur
en vermeng die wegkaatstinte
tot aangeslane koperkleur.

Naderby tand persswartberge
na bowe nes ‘n haai se kaak
en gooi lang uitgerekte skadu’s
in die son se Wes wegraak.

Digby die murmelende beek
groei aronskelkies ingeryg
met tussenin -volmaak verskuil-
dwergvarings groen en teer van twyg.

Geelvinknessies skommel sussend,
wiegende in…

Bittere boete

Deur Datum gepubliseer: 16 Junie 2016 5

Spookagtig waarsku- roep
skeur deur swanger stilte
van snikhete Bosveld nag
Iewers in donkerdiep holte
beskerm moederboom
haar kosbaar’ donsige vrag

Knaagdiere skarrel -haas
na beskutte wegkruipplek
want hul eien die stem
van geveerde vyand
waar naguil grootpupil
mikroskoop skandeer

Hul besef maar alte goed
dat kom…

Vroee Winter

Deur Datum gepubliseer: 16 Junie 2016 8

my bed is opgebreek en wit linne
lê stuk stuk versprei tussen gister en eergister;
winter is vroeg vanjaar en betoon geen genade
aan my bewende hart nie,
aan my bevrore hande wat nog gebaretaal
met jou wil praat nie

jy het stom geword,
woorde soek skuiling in…

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 166 gaste aanlyn

Bydrae Totale