Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

My Prentjie

Deur Datum gepubliseer: 23 Mei 2016 5

kom ek teken vir jou ‘n woordprentjie
ek sal eers my hart tussen die wolke moet gaan sit
dit is daar waar hy die beste praat
ek sal dalk eers op my knieë moet sit en vir ‘n beter uitsig bid

my prentjie gaan dalk so krap-krap wees
jy laat my onderste-bo
my prentjie is…

My konstant

Deur Datum gepubliseer: 23 Mei 2016 5

My konstant

Jy hang in die agtergrond van my lewe
onveranderlik en steeds teenwoordig
want jy laat my nooit alleen.

Jy verwarm my gemoed
en jaag my liggaams temperatuur
volstoom die hoogtes in.

Jy is my konstant
wat my hart laat warm voel
en my siel…

Een is ook ‘n heelgetal

Deur Datum gepubliseer: 23 Mei 2016 3

Voordat God daaraan kan dink
Om jou vir iemand te leen
Moet jy eers besef dat een
Ook ‘n heelgetal is

Want daar is ‘n sekere tipe vrede
Wat kom saam alleen wees
‘N kuns van menswees
Wat bittermin verstaan

Hoe wil jy ‘n halwe jy
In iemand anders gaan regmaak
Al wat gaan wegraak
Is die dele van jou…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 144 gaste aanlyn

Bydrae Totale