Die kompetisie loop van 1 November 2016 tot 30 Junie 2017.
Kilian & Malherbe borg die tweede skryf kompetisie op INK.
Die borgskap behels as eerste prys ‘n publikasie – 50 boeke (120 bl) ter waarde van R4500 vir die wenner se eie sak.
Tweede prys van ‘n oorspronklike skildery (70x50cm, waarde R3000) geborg deur die befaamde skilder Anton Kilian.
Lede wat inskryf moet daarop let dat INK en borge betrokke geen redigeer werk aan die boeke/bundels gaan doen of verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Dit is elke lid wat inskryf se plig om toe te sien dat sy/haar inskrywings taalkundig versorg en korrek is.
Vir navrae en/of kwotasies vir selfpublikasies kontak malherbeheleen@gmail.com
Sy bak koekies vir haar blou koekblik,
sy geur dit met amandel.
Daar buite vlinder vlinders
deur die vroeë môreson.
O, die winterwind is stil vanjaar
die wolke tint laventel
– haar oë duif oor die vaalberg
na ‘n ander plek en tyd.
Sy onthou weer ‘n lankgelede,
‘n vrou wat jonk en mooi was –
die kammaheks van…