Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

Band Aid Gedagtes

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2020 Hou van

Momente lê oomblikke vas
deur bloed
in brein sinapse
van onthou.

Geneesde ekstase sere
het letsels in vleis,
goeters in kaste
agter sluiers
gelaat.

Draai punte
soos klein kompas naalde
wat rigting bepaal
lê wateroog
in my
kas.

janfrederik

Deur Datum gepubliseer: 21 Februarie 2020 Hou van

plaas jou bek toe is
my gestrande voëltjie
skree jy soos ‘n parakiet
het iemand jou dalk vertel
hoe harder en skeller jou roep
belangriker is jy in groep

stommerik – janfrederik
het jou stem dalk iemand beïndruk
vertel jou sang dalk van jou gebreekte hart
wanneer dit oorloop in…

Niemand Groet

Deur Datum gepubliseer: 21 Februarie 2020 Hou van

Niemand vra hoe dit
gaan met die
wat onder die plato
van tyd beweeg.

Ons verdwyn weg
alles bly soos dit is
niks verander
vir beter,
vir slegter.

So kreun lewe
voort op spoed
deur wie bepaal
vir…
wat.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 94 gaste aanlyn

Bydrae Totale