Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

Voëlklip vs Victoria

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2020 Hou van

Grond pad alleen
sny deur fynbos rant
wat grens aan storm water kant
mense staar alleen
oor donker water
met eie vuil skuim rante.

Die pad is plaveisel
met restaurant en roomysplek
langs ń surfer swel.
mense sit op dooie mens-banke
gedagtes daarop geplaatjie
as ń rus plekkie.

Water spoel
diep…

Skurwe Bene

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2020 Hou van

die stof weste wind
skroei oor stoppel
mielieland,
stoot laaste vog
in sand duie vas.

vaal kind bene
skurf gebrand,
val in wit blokkies af
om nuwe vel
te laat brand.

ook die grond lê braak
wag vir saad
om ń nuwe oes
te bring.

Band Aid Gedagtes

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2020 Hou van

Momente lê oomblikke vas
deur bloed
in brein sinapse
van onthou.

Geneesde ekstase sere
het letsels in vleis,
goeters in kaste
agter sluiers
gelaat.

Draai punte
soos klein kompas naalde
wat rigting bepaal
lê wateroog
in my
kas.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 85 gaste aanlyn

Bydrae Totale