Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

WEET JY WAT..?

Deur Datum gepubliseer: 7 Maart 2016 9

Weet jy wat..?
as jy kom vra
sal ek jou gou-gou skelm gaan wys
waar die gras sy groen kry
en die maan sy wittand lag

Weet jy wat..?
as jy kom vra
sal ek die streepmuise gaan omkoop
met ‘n goudgeel mieliestronk
om vir jou agter die…

Ek skryf vir jou (1) …

Deur Datum gepubliseer: 7 Maart 2016 9

môre is weer Valentynsdag
en alles word in rooi getooi
maar in my hart het die lewe
‘n emmer swart verf kom gooi
want jy is nie by my nie
en ek moet alleen voor Kupid staan
en wat weet hy nou eintlik
van hierdie gevoel sonder naam
want…

Die boemelaar, op die groen bank, by die verkeerslig.

Deur Datum gepubliseer: 7 Maart 2016 11

Ek bestuur,
een hand
om die stuurwiel gevou
terwyl die ander
’n KFC rounder vashou

en die verkeerslig
is nou ’n stopstraat
(’n aansteeklike siekte in die dorp)

en op die hoek
van die straat
onder die dooie verkeerslig
sit
’n ou boemelaar
(heel gemaklik)
op ’n groen rusbank
en lag

vir al die mense
in hul luukse motors
wat van frustrasie vloek
omdat m e n s…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 87 gaste aanlyn

Bydrae Totale