Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

Hemelpoort

Deur Datum gepubliseer: 10 Desember 2019 Hou van

die dood klink altyd so finaal
so hartverskeurend koud, so afsydig
maar wees gerus
sy’s van haar pyn bevry
want die Here
het haar kom haal

haar treurtrane
verander in ‘n vreugdedans
want haar leiding
is verby

in engele arms
rus sy sag
en saam met die Here se leerskare
gaan…

Soet van vergifnis

Deur Datum gepubliseer: 10 Desember 2019 Hou van

die nadraai
van jou omgee
lê bitter
in my siel
maar in vergifnis
vind ek die soet

©Jessica Venter
2/12/2019

Skrywersterapie

Deur Datum gepubliseer: 10 Desember 2019 Hou van

as jou hart
oorloop van hartseer en verdriet
laat jou trane vloei
in inkstrepe oor papier
totdat jy leeg is
dis ‘n skrywer se terapie

©Jessica Venter
2/12/2019

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale