pyn
om met pyn om te gaan is nie maklik nie veral as dit ‘n chroniese ondertoon het met die gebruik van pynstillers verloor jy telkens ‘n deel van jouself die oorsaak van pyn is egter nie altyd bekend nie soms kom pyn as simptoom van een of ander sielkundige problem na vore dan help pynstillers […]
Bosveldhart
Bosveldhart die week is verby dis Vrydagaand ek laai in my Ford se bak my hond my kat en my raasbek pappegaai na die tweede tolhek volg ek die draai na Toeka vir so ietsie om te braai bruinpapiersak van die rak met die laaste plaasgebakte brood nou kort ek nog net ‘n slaai ek […]
Aangetrokke
met eerste beweging skiet momentum voortwaarts spier en brein in harmonie kind fietsry kuns word automaties gechoreografeer in ń lewende skildery ystertande byt punte blink geolie deur kettinggate in meganiese oordrag van spier trap sweet na flitsende speke in rollende bande die instrument van staal is direk reaktief op my spierkrag die energie pomp die […]
Die Vrae
vlae in stadsale hang aan pale en wapper slap in elektriese wind hier waai prioriteite een een, die deur uit teoriëe uitgelê deur wysgere vasgelê in unieke kulture word in staarleer eenvormig en waardes word 100% gekompromitteer ek rol rond sonder rigting vasgevang in noodsaaklike daaglikse take en die belangrikheid om nie ń vraag te […]
DORSKREET
Die aarde se dorskreet breek oop in barste die wenakker staan biddend met verskroeide kakiebos mielies se dorskreet weergalm oor rooi sandvlaktes bloekombos sing ‘n treurige evangelie boombas stort na benede in halwe traan afgeskeerde skille tussen boom en bas lê die kontoere van nog ‘n droogte mielies se lewens sirkel word in die saad […]
Liefdesdans
Gedigte Maart 2024 Oop projek Silwerklas liefdesdans kom dans net nog eenkeer met my oor oubekende grondgebied my beminde waar ons hand aan hand een laaste maal op maat van ʼn lankvergete wiegelied kan swymel en sweef voor smart ons kom haal kom dans net weer eenkeer met my langs grafte en gragte […]
Lewesiklus
saad broei in sagte kassies wag vir die eerste uitspringkans moet onafhanklik groei om eie krapmerke te versamel oor +- sewe-en-sewentig* jaar jou eind rang word deurdie krapmerke bepaal oor +-sewe-en-sewentig jaar op +- ag-en-sewentig jaar vergete dié krappe alles is stil *gemiddelde mens lewensverwaging
Geslagte
as geharde emigrante in klein skepe met groot tasse vaar ons na eie gesteelde stukkie grond eers as soldate dan vryamptenare in die onbegrensde vreemde en vrye lande ons wortels skiet in Hollands Afrika as sendinglinge van dié beskawing veg ons met inboorlinge en bure oor gras en water skaarste trek gereeld van groen na […]
sonblompie vrou
sluk ‘n sonneblomsaad om in jou hart te ontkiem sonblompie vrou draai jou kop na die vlam sodat die strale se geel jou blaartjies se storie goud kan verf dans in die reën sodat die wortels diep en geil sal groei langs die Jordaan se waterstrome vul jou longe met suurstof van onse Heer sodat […]