Die dood van ‘n kind 530 Woorde Goud
Debatteer die dood van ‘n kind. Sy was so bitter klein Here. Die mensie hier aan my bors vasgedruk. Hoekom Here? Die vrae worstel deur my kop. Wat het ek verkeerd gedoen? Waarom sy? Dan stoot hulle die tweeling per abuis my kamer in. Dit skreeu binne my. So onregverdig Here! Hoe kon U! […]
Bosveld kaskenades 364 Woorde Goud
Wanneer jy op ‘n plaas in die boendoes bly is jy op jou wakkerste as die honde begin skel en raas. Dit was ‘n lekker warm somersdag. Die myn het al die grond rondom ons begin uitkoop en meeste plase was al omgedolwe. Marikana, stof strate en bos. Verlate en woes. Al wat reptiel is […]
Die wet van die feëtjies
Die wet van die feëtjies 909 woorde, brons kategorie Polimiek, politiek en realisme ter syde. Jy is nooit te oud en geleerd om ‘n ietsie te vat van elke interaksie wat jy het nie. Hoe groot en glorieryk, of hoe klein en niksseggend dit ookal lyk nie, Maak nie saak hoe groot jou woestyn is […]
Februarie 2024 – Dolos projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 10 lede! WENNERS GEDIGTE: GOUD: NO 21 Loretta Szikra met As die laaste dolos draai NO 5 Amanda de Meillon met Keerwal teen die storm NO 7 Anzé Bezuidenhout met Dolosbeen-dade SILWER: NO 9 Elize Kruger met Skaakmat NO 23 Colin Steyn met Retoriek NO 8 Pieter Mostert met Kreukels BRONS:
GEBOUE VAN VLEIS
Brons Kategorie 948 woorde GEBOUE VAN VLEIS Ken ons mekaar ooit? Het ek al jou gesig gesien? Ek glo nie. Jou mensgesig is perfek aanmekaar geweef sodat jy, eintlik gees, ‘n prentjie kan wees. ‘n Lyf om jou op aarde te dra, te verteenwoordig en waarin jy kan “woon”. ‘n Lyf wat jou tydslyn kan […]
Maart 2024 – OOP projek
Beste INKers Ons betree Maart en is in die laaste strek van die eerste kwartaal van 2024. Hierdie maand is ‘n vrye en oop projek sonder voorskrifte en reëls. Daar is totale vryheid om deel te neem in al die afdelings sonder enige regulasies. Innoverende mense skryf in Afrikaans. Skryf groete Projekbestuurder. *ONTHOU SLEGS 2 […]
Januarie 2024 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan die 10 Lede! GEDIGTE Goud: NO 16 Loretta Szikra met Voor jy ontwaak NO 32 Loretta Szikra met As ek kon NO 28 Amanda De Meillon met Jin en Jang Silwer: NO 31 Hester Steenkamp met Ek Onthou alles van jou NO 14 Cornien Naude met Liefde nie in grysheid vergeet NO […]
OM TE GLO
In vandag se ou lewe word baie dinge ons ontneem van menseregte tot die reg van skoon water en die lys gaan aan. Ons kom voor eindelose uitdagings elke dag te staan en dan vra ek myself, wat is dit wat my elke dag inspireer om aan te gaan? Ek kyk hier na my kleindogter […]
Waar staan ons nou?
Die aarde is na my mening gebou op die ekologiese-fondasie wat God vir haar met die skepping uitgewerk het. Verder het God waarde aan die aarde toegevoeg met die skepping van die mens, deurdat Hy die mens uit haar stof geformeer het na Sy beeld en Sy gelykenis. Voorts het God ook waarde aan die […]
INK Skryf in Afrikaans – Dig- en Skryfkompetisie 2024
INK DIG- EN SKRYFKOMPETISIE 2024 16 Februarie 2024 – 31 Mei 2024 Kom gee vlerke aan jou woorde!!! Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spog bloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 5, INKSPRAAK 5 JEUG, en INKSPRAAK 5 KORTVERHALE. Groep 7 […]