Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: KANKER

Deur VlooiBoynton
Datum gepubliseer: 5 Desember 2018 Aantal woorde: 155 31 Kere gelees 2

dis snaaks hoe alles om en in hierdie gebou
sy arms om my en kanker kom toevou
ek swig, bieg en smeek
oor wie mag en nie mag weet
dan begin my binneste sommer sweet

ek kies net ʼn paar om my veilig vas te kan hou
en in die tyd saam my mag rou
want wat is daar oor?
niks wat die tydjie kan genees
maar tog so baie om voor dankbaar te wees!

maar diep binne my wat wil dan hier uitbreek
‘n vol hart rol uit by my mond
word verpletterd en vertrap soos hy neer val op die grond
ek sal hard moet veg om die kanker te wen
en ek eendag weer bo wil uitkom
sit die woorde aan my lippe vas gegom

ons sal mooi na mekaar moet kyk
vashou waaraan ons glo
dis in elk geval ‘n vae herinnering
wat vasklou onder ons oë
——ooo000ooo——
(© Kopiereg: Vlooi Boynton)




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 13
    Kommentaar telling: 13

    Ek bedryf my lewe intuïtief, en het dadelik geweet ek moet my gedagtes in gedigte toonset Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Mag ons nog lekker saam lag en huil

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 63 gaste aanlyn

    Bydrae Totale