Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: kakofonia-skoop

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 5 Desember 2019 Aantal woorde: 112 44 Kere gelees Hou van

stemme uit die mis
verrys met elke boodskap
een meer waardig en afgemete
as die volgende wat met uitdruklike
gedagtes kom spook van vrae
wat in elke hart fermenteer

stemme so ongerus
bring maar weinig hoop
elkeen poog om sy stem te verdik
om te pas by hom wat geroepe is
bruin pak of nie net die stem
vertaal aramees na boers

stemme opgesmuk
ruk hart en siel oop in smarte
speel roulette met boerse brein
speel met emosies en pyn
soek net jaloerse gewin
herderlose fladder om

stemme verwarrend
spel valse gees in lettergrepe
vlek klowe van verwarring verder
voltooi siklus van armageddon
verbleik kleure in troebel
transvokale drek

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 727
Kommentaar telling: 114

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 96 gaste aanlyn

Bydrae Totale