Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kakiebos en Kosmos

Deur See-Jay-El
Datum gepubliseer: 24 Mei 2019 Aantal woorde: 75 220 Kere gelees 2

Op die skouer van ‘n gekolkte teerpad,
met gebleikte stippelstrepe,
groei kakiebos en kosmos – verstrengel,
versmoor, verstikkend in grys rook en gas.

Gebarste hart, spat in ‘n liggaamskas,
bloeiende wonde kolk deur ingewande.
brand en brand en brand en kook,
sonder fokus teer, besluitlooskripeer
gedagtes wring, slinger deur newels gas.

Waarheen lei die slaggat-teerpad
van verdofde tekens?
Kakiebos en kosmos – bakens in stof.
vergete, verlore, vir niemand se niks.

© CJ Laing – 24/05/2019
© foto: Fotoskool.co.za




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 56
Kommentaar telling: 69

Ek lief dit om met woorde te speel.  Dis 'n taal wat lewe in klank, waarin jy uiting kan gee aan jou emosies en ervarings.  Ek het lank gesoek na 'n hawe soos die, waar my werk geevalueer en beoordeel kan word deur ander wat my liefde deel.  Dit sal vir my wonderlik wees om  onafhanklike beoordelaars tot my beskikking te he.  Deur die kritiek en opweeg kan ek net leer... Deel en gesels met my, ek sal graag van julle wil hoor.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 145 gaste aanlyn

Bydrae Totale