Jongste aktiwiteit:

kaalvoet vrydom

Die plek se kronkelpaaie
van my padkaart af gevee
my skoene vol stof
met die klippe binne in
terloops
vir ‘n verbyganger gegee
die laaste wuif
fladderend
op opgeskeurde blaaie

waar die horison bloei
van skemerte
sal my spore eindelik lê
in die wind se sug
vir oulaas
die bekende, totsiens sê
die oorskiet krummels
van droë rantsoene
my nimmer meer bemoei

© Carla Visser
12.04.2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed