Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Kaalvoet – Onskuldige Kind

Deur Feëprinses
Datum gepubliseer: 27 Januarie 2020 Aantal woorde: 114 169 Kere gelees Hou van

Kaalvoet – Onskuldige Kind

Soos ek baljaar op die klippies, sand, gras en kaalvoet loop,
Glinster my ogies met alles wat bring, nuwe hoop.
Soos wat ek die grond onder my voete voel,
Wonder ek wat het die volwasse nou gesê of bedoel.

Klippies maak my kaalvoete seer
daarin het ek geen beheer
Gras kielie my onder my toon sodat ek lekker lag.
Die sand is grillerig maar is so lekker warm en
Al die verskillende bruin kleure met hul prag.

Ek is jonk en al wat ek wil doen is uit die mond
van my as kind net nog bietjie speel,
en my skaterlag as ek kaalvoet vryloos hardloop
met almal as volwasse deel.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 3
Kommentaar telling: 0

Na skool het ek gedigte geskryf, meestal oor wat in en om my lewe aangaan. Het my talent vir jare laat lê en nooit weer geskryf tot onlangs waar ek 'n gedig aan my vriendin en vir n kind geskryf het. Gevoel dis nou weer tyd om die pen weer op te tel en te begin skryf. Mal oor die natuur met sy kleure en prag. Ek is lief vir my gesin, diere en vriende. Ek hou van kuier saam met my vriende en ons klein kinders. My klein kindjie hou my op my tone en leer my dat die lewe deur n kind se oë gesien moet word. Die lekker baljaar, vryloos, vreesloos, die lag en simpel wees sonder om terug te kyk.    

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 113 gaste aanlyn

Bydrae Totale